V.l.n.r:  Inette Kotze, Larecha Meintjies, Mev. Soné Janse van Rensburg (Afrigter en spanbestuurder), Megan de Beer en Nadine Naudé.

JF se Pluimbal Dogterspan is gedurende die vakansie uitgenooi na  Zambiё vir die All Africa Toernooi. Hierdie puik span is gekroon as die Afrika Kampioene! Die volgende dogters wen die spankompetisie en verower elk ‘n goue medalje en ‘n trofee: Inette Kotze, Larecha Meintjies, Megan de Beer en Nadine Naudé. Dit maak hulle die beste span in Afrika!