Megan de Beer van Hoërskool Jim Fouché, is in die Vroue Pluimbalspan ingesluit om aan die African Games in Morocco te gaan deelneem vanaf 18 Augustus.

Megan is tans ‘n trippel-kampioen wat tydens die SA Junior Kampioenskappe goud in enkels, dames dubbels en gemengde dubbels gewen het.

Sy is tans ook eerste gegradeer in die land.