JF is amptelik die beste pluimbalskool in Suid-Afrika! Die 1ste seuns- en dogterspan van JF het as wenners uit die stryd getree tydens die SA-Skole Pluimbalkampioenskappe wat gedurende 9 tot 11 Augustus vanjaar in Alberton plaasgevind het.

Agter v.l.n.r: Caden Kakora ; Marnus van der Walt ; Stefan Coetzee ; Daniël Coetzee
Voor v.l.n.r: Johanita Scholtz ; Megan de Beer ; Christi-Mari Cloete ; Jolene Bester en Rianette Kemp.
Afwesig van foto: Johan Oberholzer