Hoërskool Goudveld in Welkom het onlangs hul kleuresport aangebied.

PLATINUM GOUTIE!!!
Hierdie toekenning gaan aan ‘n atleet wat sy beste in elke item gegee het. ‘n Goutie wat deursettingsvermoë getoon het toe hy die 1500m doen, ‘n Goutie wat al sy krag ingespan het om gewigstoot, diskus en hammergooi baas te raak.

Fourie Naudé het die beamptes se monde laat oophang met sy vasberadenheid om aan elke item deel te neem. Wat hierdie Goutie nog meer spesiaal maak as al die ander atlete is die feit dat hy al die Goutie waardes toegepas het tydens sy deelname.

Fourie was geesdriftig in als wat hy gedoen het, hy het omgegee vir sy mede atlete, hy het gestreef na uitnemendheid in elke item, hy is trots op sy skool, en hy het selfdissipline getoon deur nooit optegee nie.

Hierdie Goutie is beter as goud, hy is ‘n PLATINUM Goutie!!!!!!

Foto bo: Fourie Naudé

Die beste senior seuns veldatleet is Niel Harmse. Diskusgooimet ‘n afstand van 45,59m
Niel ontvang ook die toekenning vir beste prestasie deur ‘n seun tydens die kleursport.
Die Senior Victrix en Victor Ludorum is toegeken aan Mine de Klerk en Rian Olivier. Mine de Klerk met ‘n totaal van 5979 tabel punte. Mine ontvang ook die toekenning vir die beste prestasie deur ‘n meisie op die kleurbyeenkoms vir haar gewigstoot D0/16 met ‘n afstand van 15.91m. 
Rian Olivier met ‘n totaal van 4138 tabel punte
Die Junior Victrix en Victor Ludorum is toegeken aan Riaan Lombard en Tuane Radyn.
Riaan Lombard met ‘n totaal van 4389 tabel punte en Tuane Radyn met ‘n totaal van 5530 tabel punte
Beste senior seuns baanatleet: Dewald Niemann 100m met ‘n tyd van 11.38sek
Beste Senior dogters baanatleet: Cherien van Zyl 400m Hekkies met ‘n tyd van 76.42sek.
Beste Junior seuns baanatleet: Micheal Dicks 100m met ‘n tyd van 12.20sek
Beste Junior seuns veldatleet: Wilbrie van Zyl Hoogspring met ‘n hoogte van 1.62m
Beste Junior dogters veldatleet: Mariska Muller Gewigstoot met ‘n afstand van 13.39m
Beste Junior dogters baanatleet: Marida Scheepers 300m Hekkies met ‘n tyd van 56.28sek.