Hoërskool Fichardtpark se senior sewes rugbyspan het onlangs ‘n uitnodiging ontvang om aan die Dubai sewes deel te neem. Mnr Herman van der Merwe, skoolhoof en spanbestuurder, sê dit is nogal ‘n besonderse prestasie om in die Dubai sewes te kompeteer.

“Ons is ingedeel om aan die Internasionale skolekompetisie mee te ding teen skole van oor die wêreld heen. Wat die deelname opwindend maak is dat die seuns skouers sal skuur met die Blitzbokke en saam hulle sal ontspan”.

Die seuns sal ook geleentheid kry om saam al die deelnenemende lande se spelers sosiaal te verkeer tussen wedstryde by spelers klubhuis.

Verskeie besienswaardighede sal ook besoek word. Die seuns sal ook die voorreg hê om ‘n ware woestyn ervaring te beleef met 4×4 voertuie.

Die span vertrek op Sondag 1 Desember en keer terug op Sondag 8 Desember.

Foto bo: Voor vlnr: Ruben Blake en Jeff Parota

Agter vlnr: Apiwe Dinkwa (Afriger) Mathew Kitching, MJ Douglas, Zandro Smit, Reno Kok, Christiaan Jonker, Nicholas du Buisson, JT vd Walt, Rickard Cronje, Francois Bester en mnr Herman van der Merwe (spanbestuurder).