Vier netbalspelers van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, Amy Jacobs, Lebo Moremme, Sané Groenewald en Elri Groenewald het Vrystaatkleure in Netbal verwerf. Amy, Lebo en Sané gaan aan die All Ages Netbal Toernooi vanaf die 24 – 28 Junie in Boksburg deelneem en Elri gaan aan die  o/16 Toernooi vanaf die 2 – 6 Julie in Sun City deelneem.

Hoërskool Fichardtpark is baie trots op hierdie leerders!

 

0/14 A 
Amy Jacobs
Lebo Moremme

0/15 A
Sané Groenewald

0/16 A
Elri Groenewald

Amy, Lebo en Sané gaan aan die All Ages netbal toernooi vanaf die 24 – 28 Junie 2018 in Boksburg deelneem.

Elri gaan aan 0/16 Toernooi vanaf die 2 – 6 Julie 2018 in Sun City deelneem.

Ons is trots op julle!