Hoërskool Fichardtpark hou sy tweede Lente Karnaval Kaskarwedren. Elke leerling en onderwyser het kragte saamgesnoer om op ‘n kreatiewe manier van dié fondsinsamelingsprojek ‘n sukses te maak.

Elke klas is verantwoordelik vir hul eie kaskar, borge en spantema. Daar word van vroegdag af gegons op die terrein terwyl elke span vir die kragmeting gereedgemaak. Teen wegspringtyd is elke graad gereed vir ‘n optog en ‘n wedren om die baan. Spoed, stof en sweet is aan die orde van die dag, terwyl elke span probeer om as oorwinnaar weg te stap (of sal mens sê, weg te ry).

Almal kan smul aan wegneemetes wat deur die ouergemeenskap van die skool verkoop word. Die hoogtepunt van die dag is die finale wedren waar die eerstes van elke graad teen mekaar meeding. Graad 12 moet hulle titel vir die eerste keer verdedig.