Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein het onlangs hul nuwe McDonalds dek ingewy. Hierdie dek is by die Omnisentrum gebou en sal veeldoelig vir Sportgeleenthede, funksies en ook gesprekgeleenthede met leerders aangewend word.

Die inwyding het ook saam geval met Mnr Herman vd Merwe se verjaarsdag op 11 November. McDonalds, wat n trotse borg van die skool is, is verteenwoordig deur mnr Arno Bakkes.

Op die foto van links is mnr Arno Bakkes, mnr Gerrie v Rooyen (Raadgewende hoedanigheid), mnr Frans Ackerman (Bouer), mnr Francois Alberts (Voorsitter van die Beheerliggaam) en mnr van der Merwe.