Voor: vlnr: Dean Botha, Andre Burger(afrigter), JD Stadhouer en Erick Klopper

Agter vlnr: Jandré van der Merwe, Hanco Swanepoel(k), Eben Botes, Shaun Visagie, Lionell Dell, Ethen Roelofse, Shaun Schietekat(o/k), Lechandro Buys, Franco Rautenbach, Marcu van Jaarsveld en Denzell Prence.

Baie geluk aan Hoërskool Fichardtpark se eerste krieketspan wat Maandag, 10 Februarie, as die Motheo Superliga Kampioene gekroon is! Hulle het St. Andrews B in die finaal met 8 paaltjies gewen.