Baie geluk aan die personeel van Bothaville Hoërskool wat vereer is met geskenkbewyse van die Departement van Onderwys vir uitstaande resultate gelewer tydens die NSC eksamen 2018.

Op die foto v.l.n.r. Stien de Kock (Rek), Elnarie Hoffman (Geo), Ettiene Burger (IGO), Patrick Nice (Wisk. Gel.), Marna Pretorius (Fis. Wet.), Amanda Nell (Lew. Wet) en Chenelle Swanepoel (Verbr.).

Die toekenning vir Wiskunde word gedeel deur Frances Muller (afwesig) en Riana Wessels (afwesig).

Hartlik geluk aan al die bogenoemde presteerders en baie dankie vir die opofferings gemaak.