Hoërskool Bothaville het op 2 Junie in die semi-finale, netbal op Wesselsbron gespeel.

Met die eerste rondte het die o/14-span van Hoërskool Bothaville gewen teen Hoërskool Hoopstad en die 1ste span

het verloor teen Welkom Gimnasium.

Met die tweede rondte het die o/14 span van Hoërskool Bothaville verloor teen Welkom Gimnasium en die 1ste span het gewen teen Hoërskool Hoopstad.

Die uitslae van semi-finale:
Hoërskool Bothaville se 1ste Span eindig 3de in die Lejweleputswa liga en die
o/14’s eindig 2de in die Lejweleputswa liga wat beteken hulle gaan Vrystaat toe vir die liga.

Ons as skool is ongelooflik baie trots op al die dogters en hulle afrigters.
Wie wil die kan!

o/14’s Afrigter is Frances Muller

1ste span Afrigters is Annuscke Hoops en Wilmarie Muller