Hoërskool Bothaville het op 29 Oktober die Rooiskool van Kroonstad aangedurf met krieket. Rooiskool kolf eerste en teken 124/10 aan in 22 boulbourte.

Bothaville se beste boulers was Waldo van Aswegen met 2 paaltjies vir slegs 2 lopies in 2 boulbeurte, Enro Meyer met 2 paaltjies vir slegs 8 lopies in 6 boulbeurte en Nicky Liebenberg neem 1 paaltjie vir slegs 18 lopies in 3 boulbeurte.

Bothaville kolf tweede en gaan die telling van 124 verby sonder om ‘n paaltjie te verloor in net 11 boulbeurte.

Bothaville se beste kolwers was Herman de Waal met 61 lopies nie uit nie en Nicky Liebenberg met 55 lopies nie uit nie.

Bothaville wen dus die wedstryd met 10 paaltjies.

Die man van die wedstryd was Nicky Liebenberg.