Hoër Meisieskool Oranje begin met ’n reeks waarin Oranje se kapteins (sport en kultuur) bekendstel en hulle oor hulle spanmaats/groepslede uitgroep.
Eerste aan die beurt is Annemé van Tonder, die duikkaptein.

Meer oor Annemé

Wat het jou op Oranje laat besluit? My ma en tannie is oud-Oranjes en ek was van kleuterskool af in Oranje. Ek het nie eers ander hoërskole oorweeg nie.
Wat geniet jy die meeste van Oranje? Ek hou van ons skoolopset en hoe ons alles gegrond is in Christelike waardes, selfs in die wêreld van vandag. Maar my vriendinne geniet ek die meeste.
Hoe sal jy graag hier onthou wil word? Ek is nie een vir gewild of bekend wees nie, maar as dit nou moet sal ek nie omgee om my naam op die ereborde te hê vir 7 A’s nie.
Wie was jou matriekheld toe jy in gr. 8 was? Esrané Snyman. Sy was my gangprefek in Le Rouxhuis en sy was die teenoorgestelde as wat ek ’n matrikulant voorgestel het. Sy het ’n spesiale band met elkeen gevorm.
Wat is jou belangstelling(s) buite skoolverband? Ek draf graag en lees in vakansies.
Het jy ’n verskuilde talent(e)? As ek het, het ek dit self nog nie ontdek nie.
Is daar sport-uitblinkers in jou familie? Ja ek is trots om te sê Johani van Tonder is my niggie. Sy is ’n goeie atleet (en verlede jaar se SA-kampioen in die o.15-driesprong).
Is jy ’n introvert of ekstrovert? Definitief ’n introvert.
Wat frustreer of irriteer jou die meeste? Onregverdigheid.
Watter eienskap waardeer jy die meeste in mense? Opregtheid en die vermoë om klein dingetjes raak te sien.
Saam met watter celeb het jy ’n foto? As baba een saam met een of ander rugbyspeler, maar onlangs geen.

Watter spanmaat (dit sluit jouself in):

Oefen die hardste? Almal oefen ewe hard, want jy mag nie op jou eie oefen nie.
Eet die gesondste? Suzanne Streicher.
Eet die meeste lekkergoed? Johani of Gabby Pienaar.
Is die meeste op haar selfoon? Jazelle Strydom.
Bring die meeste tyd voor die spieël deur? Ek weet nie eintlik nie, maar ek nomineer maar myself vir daai een.
Het die beste algemene kennis? Chané Nel.
Is die stylvolste? Jazelle of Eloise van Driel.
Kan nie ophou praat nie? Gabby Pienaar.
Vertel die beste grappe? Jazelle.
Is ’n potensiële toekomstige onnie? Ané Rautenbach en Lizmari de Wet.