Die Hoër Meisieskool Oranje se opwindende jong naelloper, Charné Wansbury, het ’n 17 jaar oue rekord haar eie gemaak. Charné het Saterdag, 5 Oktober, op die Stadium Fast Foods Grey/OMS-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein die 200m vir meisies o.14 in 24.96s gewen.

Nog twee OMS-atlete het byeenkomsrekords verbeter; Johani van Tonder in die driesprong vir o.16’s en Germarie Spershott in die 300m-hekkies vir o.14-atlete. Oranjeniete het agt eerste plekke behaal!

Foto deur: Bloem Action Photo

Foto bo: Charné Wansbury