Foto: Kloksgewys is Vianke, Kamryn, Rehanjo en Marita.

Vier redenaars van die Hoër Meisieskool Oranje het na die nasionale ronde van die ATKV se Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deurgedring.
Dit word op 1 en 2 Oktober 2020 in Johannesburg aangebied. Die vier is dubbeld soveel as verlede jaar se twee.

Vanjaar se kompetisie word aanlyn aangebied. Leerders moes hulle voorbereide of onvoorbereide (’n uur is hiervoor toegestaan) toesprake oor ’n regstreekse video aan die beoordelaars doen.

Die vier Oranjeniete is Rehanjo Swanepoel (gr. 12), Vianke Herbst (gr. 11), Marita Oosthuizen (gr. 10) en Kamryn Lowe.
Rehanjo en Kamryn het in twee afdelings deurgedring. Kamryn in Afrikaans: Oorredingstoespraak Individueel Voorbereid (haar tema was “Lees is die sleutel tot kinders grootmaak”) en English: Individual Prepared (Persuasive Speech) met die tema “Survival necessitates change”.
Rehanjo se afdelings is Afrikaans: Oorredingstoespraak Individueel Voorbereid (“Milleniers is die murg van die samelewing”) en English: Individual Prepared (Persuasive Speech) met die tema “The meaning of life”.

Marita het in Afrikaans: Oorredingstoespraak Individueel Voorbereid “Het die jeug nog murg in hul pype?” uitgeblink en Vianke in Afrikaans: Oorredingstoespraak Individueel Voorbereid “Tegnologie is nie die sondebok nie”.

FOTO: Kloksgewys is Vianke, Kamryn, Rehanjo en Marita.