Hier verskyn die sussies saam. Vlnr: Carienke (matriek in 2018) en Daniélle Jacobs, Jacolene (matriek in 2018) en Leané McLaren, Truné en Mia Prinsloo, Mikkela en Nicóle le Roux en Matilé, Naudene en Tildé-Mari Prinsloo (voor).

Drie jaar gelede het ‘n koerant ’n berig gepubliseer oor vyf spelers in Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan wie se jonger sussies dieselfde jaar vir Oranje Primêr se o.13A’s gespeel het.

Drie van daardie o.13’s het intussen vanjaar tot in die eerste span gevorder. Nicóle speel nou saam met ousus en kaptein, Mikkela, en Naudene saam met Matilé. Leané het ongelukkig haar sussie, Jacolene, misgeloop.

Mikkela, Matilé en Truné is nou in matriek en Leané, Nicóle en Naudene almal in gr. 10.
Tildé-Mari, Daniélle en Mia speel almal vanjaar vir die o.16A-span.

 Foto verskaf