Hennenman Primêre Skool het van 1 – 3 Oktober aan die National Astronomy Quiz kompetisie, wat deur SAASTA gereël word, deelgeneem. Hier het  die wenners van al 9 provinsies teen mekaar te staan gekom. Hennenman Primêre Skool het as wenners uit die stryd getree en is sodoende die beste laerskool in die land wat Sterrekunde betref!  Die leerlinge het met Luca Parmitano, ‘n Italiaanse ruimtevaarder, ge-skype vanaf Rome. Hulle is ook bederf deur verskeie plekke te besoek. Die span het elkeen ‘n skootrekenaar van SAASTA ontvang asook ‘n teleskoop van die Italiaanse ambassade sowel as ander pryse.

 

Foto: VLNR: Theuns Delport, Katleho Motingoe, Helen van Eeden, Lynné van Wyk en Veronique du Plooy