Grey Kollege se vasvra-span, bestaande uit Hendrik Combrinck, Daniel Edwards en Benson Wu (gr.11), het onlangs
die finale ronde van die SUT Tegnologie-vasvra gewen. Hulle was deurgaans uitstekende ambassadeurs vir die skool.

Hulle wen drie beurse vir die skool ter waarde van R15 000 elk vir voornemende studente in Ingenieurswese, “Built Environment” (Beboude Omgewing) en Inligtingstegnologie aan die SUT.

Hierdie is die vierde keer in 21 jaar dat Grey die kompetisie wen.

Geluk manne!