Vlnr: Ziyaad Issa (afrigter), Thys Pieterse, Talal Hussain en Muddaththir Mukhtar.

Drie tafeltennisspelers van Grey Kollege het uitstekend gevaar by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe wat gedurende Desember in Pretoria aangebied is.

Thys Pieterse en Talal Hussain het brons verower in die seuns o/18 spanitem.
Hulle is tans derde in die land en sal gedurende Maart aan die Nasionale proewe deelneem.

Talal het ook ‘n brons medalje verower in die seuns o/18 enkelspel en behaal ‘n derde plek op die ranglys, terwyl hy nr 2 in Suid-Afrika is vir seuns o/15 is.

Muddaththir Mukhtar wat nr 6 in die land is vir seuns o/15 sal gedurende April aan die Junior Afrika Spele in Madagaskar deelneem.

Hulle word afgerig deur Ziyaad Issa.