Connor Reinders

Connor Reinders (gr.8) van Grey Kollege, het ‘n eerste plek en goue medalje verower in die 13 jaar en jonger-afdeling by die Midmar-byeenkoms in Kwazulu Natal die afgelope naweek. Connor het die afstand  voltooi in slegs 22 minute!
Hy verower ook ’n algehele sesde plek uit 1375 deelnemers: 13 jaar en jonger en mans 31 jaar en ouer.
Tydens die Grey-gala wat op 22 Januarie gehou is, het Connor die rekord in die 100m vlinderslag in ’n tyd van 1:07,22  gebreek – ’n rekord wat al vir 24 jaar staan!