Grey Kollege, is bekend daarvoor dat talle oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe gemaak het!

Schools That Rock berig in die volgende dae kortliks oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.

Aan die beurt is Hansie Cronje, wêreld-beroemde Protea-krieketspeler van Bloemfontein. Hansie Cronje, boorling van Bloemfontein, was ‘n Suid-Afrikaanse Internasionale krieketspeler en kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan tydens die 1990’s. Hansie, seun van Ewie en San-Marie Cronje, het in 1987 sy skoolloopbaan by Grey Kollege in Bloemfontein voltooi waar hy ook die Hoofseun was. Hansie het die Vrystaat in krieket en rugby op skoolvlak verteenwoordig. Hy was ook die kaptein van beide die krieket- en rugbyspan.

Nadat  hy sy skoolloopbaan voltooi het, het hy sy graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) behaal.

In 1988, op 18-jarige ouderdom, het Hansie sy debuut vir die Vrystaat Krieketspan teen Transvaal in Johannesburg gemaak. Hy het die volgende seisoen in al agt  Curriebeker wedstryde gespeel asook in die wenspan van die Benson and Hedges reeks. Tydens die 1990-91 seisoen is Hansie op 21-jarige ouderdom gekies as kaptein van die Vrystaat. Onder Hansie Cronjé se leierskap het die Vrystaat 27 toetse gewen en 11 verloor.

Hansie het die rekord behaal vir die meeste agtereenvolgende 1-dag wedstryde as kaptein (130) asook die enigste speler wat in 100+ agtereenvolgende 1-dag wedstryde as kaptein op te tree.

Ons eer jou, Hansie!