Schools That Rock publiseer kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole  op ons Facebook en Webtuiste.

Grey Kollege in Bloemfontein, is alom bekend daarvoor dat talle oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe gemaak het!

Ryk Neethling is in Bloemfontein gebore en het sy skoolloopbaan aan Grey Kollege voltooi waar hy uitgeblink het in swem.

Ryk was deel van die SA Swemspan vir die 1996 Somer Olimpiese Spele in Atlanta. Tydens die spele het hy 5de plek verower in 1500m vryslag.

Direk na die Spele het hy ingeskryf by die University of Arizona in die VSA waar hy ‘n baccalareus graad in sielkunde en besigheid  verwerf het. Daar het sy swem-reputasie geskitter met vele toekennings. Hy was 9 keer die NCAA National Champion, die Arizona Atleet van die jaar en PAC-10Athlete of the year vir 4 agtereenvolgende jare. Verder was hy die 1999 NCAA Swimmer of the year en die Arizona Athlete of the Century. Ryk het ook Olimpiese goue medalje gewen in die 4 x 100m vryslag by die 2004 Somer Olimpiese Spele en 3 individuele goue medaljes by die 2006 FINA World Aquatics Championships in Shanghai. Verder het hy 9 National  Collegiate Athletic Association kampioenskappe gewen. Dit maak hom die derde beste mansswemmer in ongeveer 100 jaar.

Ryk word beskou as een van die mees-begaafde swemmers in die geskiedenis!

Grey eer jou, Ryk!