Schools That Rock publiseer kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole  op ons Facebook en Webtuiste.

Grey Kollege in Bloemfontein, is alom bekend daarvoor dat talle oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe gemaak het!

Ons gesels nou kortliks oor die gewilde Springbok rugbyspeler, Cobus Reinach. Cobus is in Bloemfontein gebore en het sy skoolloopbaan aan Grey Kollege deurloop. Cobus is ‘n skrumskakel wat ook vir die Northampton Saints in die English Premiership gespeel het.

Cobus se eerste kennismaking met  senior rugby was by die Sharks en op 24-jarige ouderdom met die Springbokke. Jaco was ook lid van die 2019 Springbok Wêreldbeker-wenners.

Cobus is natuurlik ook gekroon as die “Hat-trick” hero toe hy die rekord gebreek het vir die vinnigste “hat-trick” in die Wêreld Beker geskiedenis! Hy was verlede jaar, tydens die Springbokke se wedstryd teen Kanada, totaal onbewus van sy rekord toe hy 3 drieë binne 20 minute gedruk het!

Grey is trots op jou, Cobus!