Ricardo Branco (gr.8) van Grey-Kollege is gekies as een van 6 leerders wat uitgenooi is om aan die “International Young Mathematicians Convention” (IYMC) in Lucknow, Indië vanaf 2 – 5 Desember deel te neem.

Die twee juniorspanne van drie lede elk, is gekies uit die Vrystaat en Noordkaap om die EMS Wiskunde- en Wetenskapskool te verteenwoordig.

Die ander lede:

Span1:
Tegan Ford (gr.9), St. Patrick’s CBC
Lane Rossouw (gr.10), Hoërskool Jim Fouché
Riley Jones (gr.9), St. Patrick’s CBC

Span2:
Yi-Xuan Wu (gr.8), St. Michael’s School for Girls
Matthew Block (gr.8), St. Patrick’s CBC en Ricardo.