Die graad 12 koshuisseuns van Leith-huis by Grey Kollege, moes onlangs weer waatlemoene insamel vir die “tradisionele” waatlemoengeveg wanneer die nuwe graad 11 koshuisbrakke in Leith-huis intrek.

Diè manne het egter besluit dat die waatlemoene eerder geskenk as gemors moet word.

Na gesprekke met die Departement Onderwys, is daar besluit om die 25 waatlemoene te skenk aan die laerskool Koot Niemann in Bloemspruit, wat ‘n voedingskema vir sommige kinders by hulle skool bestuur.

Die skool het ongeveer 1250 laerskoolleerders en die opwinding was groot oor die waatlemoene.

Voor: Jade Koraan, Elethia Pick (hoofmeisie), Danver Brussel (hoofseun) en Lee-Yagin Arendse.
Agter: Wyclef Vlitoor, Trevor De Lora, Rocco Steyn (skoolkaptein), almal van Leith-Huis, sowel as Ross Braude (Brill-huis).

Voor: Jade Koraan, Elethia Pick, Danver Brussel en Lee-Yagin Arendse.
Agter: Wyclef Vlitoor, Trevor De Lora, Rocco Steyn (skoolkaptein), Me. Francine van Rooyen (skoolhoof) en Ross Braude.