Die SA Skole Tennistoernooi vir Hoërskole het vanaf 16-19 Maart plaasgevind in Pretoria.

Provinsiale spanne het meegeding in die o/15 en o/19 afdeling.
Noemenswaardig is die feit dat die Vrystaat o/15-span slegs uit Grey-manne bestaan het!

‘n SA Skole o/15, o/17 en o/19- span is tydens die toernooi aangekondig. SP Viljoen, Louis Grobbelaar en Jason Schimper is almal ingesluit in die SA o/17 skolespan.

Waarlik Grey’t prestasies!

Foto bo: Die Vrystaat o/15 tennisspan met Cornel Liebenberg, Wian Swanepoel, Wian van Zyl, Ethan Bartlett, Matsi Matang en Ferdi le Grange.

SA o/17 skolespan: Vlnr: SP Viljoen, Louis Grobbelaar en Jason Schimper.