Baie sterkte aan ons 0/15A Netbalspan wat vanaf 23-26 Augustus 2018 aan die SA Motsepe Beker in Vanderbijlpark gaan meeding.

Hulle het ‘n baie suksesvolle seisoen gehad en het 2de in die Vrystaat geëindig.

Baie sterkte aan die span en ook aan hulle afrigters. Ons Gouties is baie trots op julle.

Voor vlnr: C. Walker; E Scott; E. Maree; C. Naude

Agter vlnr: M. de Klerk; T. du Preez; B. Kellerman; D. Smith