Op die Top 20 byeenkoms by Sentraal in Bloemfontein eindig die Gimmies 5de. Top skole van regoor die land neem deel waaronder Paarl Gimnasium, Oranje en Grey Kollege van Bloemfontein.

Die Gimmies se algehele 5de plek plaas ons eerste in ons distrik. Op die foto bo is die atlete terug teen half twee die oggend. Julle sowel as elke afrigter se harde werk word waardeer en julle maak ons baie trots.

Tydens die naweek se Lejweleputswa Sone Byeenkoms wat in Potchefstroom plaasvind eindig ons tweede. Die Gimmies behaal 41 goue medaljes en word geklop deur Hoërskool Riebeeckstad met 43 goue medaljes. Die Gimmies het die byeenkoms 13 jaar in `n ry gewen. Ons is nou wel die jaar tweede, maar ons is nog steeds baie trots op ons atlete. Baie geluk met die medalje-oes van 41 goud, 24 silver, 24 brons. `n Totaal van 89 medaljes!