Hentie Cilliers word in ‘n 50 beurt wedstryd geklop tydens die ligawedstryd op Woensdag.

Op Donderdag speel ons in die landswye Pro 20 toernooi teen Hennenman. Die Gimmies teken 244 lopies aan met puik bydrae van 81 lopies deur Virlyn van Vollenhoven. Geluk met die goeie wen seuns.

Die laaste wedstryd vind Vrydag teen Voortrekker in Bethlehem plaas. Zandré Ellis teken ‘n goeie 50 tal aan met 58 en Virlyn van Vollenhoven 49. Die Gimmies eindig op 270 waarna hulle Voortrekker uitboul vir 213. Dié is ‘n puik wen waarop julle baie trots kan wees. Geluk ook aan die afrigter mnr. Viljoen.