Sr Lichelle Coetzee van SANBS besig om bloed te trek van Francette Slabbert

Getcet Go van Bloemfontein, het inisiatief aan die dag gelê deur SANBS te besoek om bloed te skenk. Francette Slabbert, eienaar van Getcet Go, het besluit om besighede in Suid-Afrika uit te daag om haar voorbeeld te volg deur bloed te skenk.

Schools That Rock het besluit om Francette se inisiatief te ondersteun deur ‘n foto van die persoon/e wat bloed skenk op ons webtuiste, https://schoolsthatrock.co.za/, te publiseer soos wat ons vir Francette gedoen het. Alle besighede wat voor einde Junie bloed skenk by SANBS, mag ‘n foto stuur aan: christo@schoolsthatrock.co.za

Die foto’s sal dan op Schools That Rock se webtuiste en Facebook blad, https://www.facebook.com/SchoolsThatRockSA/ gepubliseer word. SANBS en Schools That Rock moedig alle sake-ondernemings aan om Francette se voorbeeld te volg sodat ons kan help om die tekort aan bloed in ons land aan te vul.