Laerskool Fichardtpark in Bloemfontein se onderwysers het hierdie Novembermaand hul baardolies en skeermesse gebêre om deel te wees van Movember.

Movember-maand is nie ‘n maand om met jou welige snor te spog nie, maar is ‘n geleentheid om bewustheid te kweek oor gesondheidskwessies wat mans raak. Fichies se onderwysers het op 1 November hul gesigte skoon geskeer – alle snorre en baarde het gewaai!

Vir die volgende 30 dae is die snorre gekweek. Vriende, familie en kollegas is aangemoedig om ook snorre te kweek om sodoende bewustheid te skep oor gesondheidskwessies wat mans raak. Meer inligting oor hierdie projek op www.movember.co.za.

Fichies onderwysers is BOBAAS!!

Agter vlnr: Schalk van Schalkwyk, Hennie Botha en Neels Cronje

Voor vlnr: Herbie Miles, Michael van der Walt, Marius Kriel en Jacques Terblanche