Fichie-atlete was vrolik, opgewek en baie entoesiasties tydens ons jaarlikse kleuratletiek. Die atletiek-veld het gewemel van geel, rooi en blou kleure.  Die leerders het Donderdagmiddag al deelgeneem aan hoogspring, verspring, spiesgooi en gewigstoot. Onder die wakened oog van Mnr. Michael van der Walt (organiseerder) was die dag weereens ‘n reuse sukses.