Fichies bespaar water

Leerders bring elke Woensdag ‘gryswater” skool toe om sodoende ons Waterwoensdag-projek te vorm. Die water word dan vir die plantjies en bome op die skoolterrein gegooi. Fichies gaan binnekort met ‘n nuwe projek spog naamlik die dam-projek. Daar word ‘n ondergrondse dam gebou, wat reënwater gaan opvang. Die water kan ons dan in die droogte-tydperk gebruik om ons rugbyvelde en plante nat te maak.