Gedurende die naweek van 12 en 13 Junie was die Vrystaat Netbal Challenge in Bethlehem.  Corlie Hertzog (o/12, Fichardtpark Laerskool) en Roné Hertzog (o/15, Sentraal Hoërskool) het altwee as Vrystaat wenners uit die stryd getree.  Dit is voorwaar iets besonders vir twee sussies om te kan sê hulle is deel van spanne wat Vrystaat Champs is.  Altwee hulle spanne gaan nou hulle skole verteenwoordig op die SA Challenge.