AJ van den Berg gee hiermee sy redes vir Afrikaanse Hoërskool Kroonstad as sy keuse van ‘n hoërskool.

Rooies was een van my beste besluite wat ek kon maak as Hoërskool keuse. Vriende wat ek hier gemaak het sal nooit vergeet word nie, saam die personeel wat soveel beteken vir my en altyd daar is as ek hulp nodig het. Die koshuis is verseker my huis weg van die huis met al my vriende wat soos familie geword het.
Die sportaktiwiteite is altyd een van die dinge waarna ons uitsien elke dag na skool, met die goeie afrigters wat altyd daarop fokus om ons talente te verbeter en ons beter sportmanne te maak. Ons het verseker die beste skool en onderwysers !! ~AJ van den Berg