Tydens ‘n jaarlikse hokkiedag wat aangebied word deur Welkom Volkskool, het ons as Volkies behoorlik stof in die besoekende skole se oë geskop.Gedurende die rondomtalie wedstryde het die Volkies getoon dat harde werk en deursettingsvermoë die sleutel is tot sukses. Al ons spanne het deurgedring na die finale.

Die o/7A, o/8A, 0/10A, o/12 en o/13 spanne het hard gewerk en vasgebyt en kon daarin slag om as oorwinnaars uit die stryd te tree.

Ons wil graag dankie sê aan alle besoekers, ondersteuners en borge. Sonder julle sou die dag nie ‘n sukses gewees het nie.

Kyk gerus uit na ‘n seisoen van goeie en harde hokkie!!!!