Dazzling Dance Studio in Bloemfontein bestaan reeds 14 jaar en word bestuur deur Cristelle van Breda.  Sy is ‘n Professionele sakevrou en  S.A.D.T.A. gekwalifiseerde dans instrukteer asook die eienaar van Dazzling Dance Studio. Cristelle het ook 2 dansafrigters wat help met afrigting van klasse by hul suksesvolle dansstudio.  Danstyle wat aangebied word is Freestyle, Slowdance, Rock & Roll, Hustle, Hip-Hop, Akrobaties klasse, Tiny Tots, Kleuterskool Klasse, Pom-Pom’s asook Kompetisies, Eksamens en optredes.  Sy is ook betrokke by die beoordeling en uitwerk van Skole se revue-groepe. Dazzling Dance Studio is geleë in Fichardtpark langs Kapie kleuterskool asook by Fichardpark en President Brand Skool. Dazzling was ook betrokke by DANS IN JOU TAAL televisiereeks waar haar 2 groepe dansers albei tot in die ‘FINALS’ gedans het tydens 2017 se opnames. Dazzling het ook weer in 2018 aan 2 televisiereekse deelgeneem nl. KLEUTERZONE ( Kapie Kleuterskool ) en UITBLINKERS ( President Brand Skool ) waar haar dansers en revuegroepe op televisie verskyn het.  Dazzling is ook betrokke vir 10 jaar by Bloemskou optredes en beoordeling van Danskompetisies.

Voordele van dansafrigting is om kinders ritme te leer, pragtige houding, soepelheid en selfvertroue. Ritme help met herkenning t.o.v spel en woorde lees en bewegings hou verband met die brein se funksies. Dans bied dissiplinering van die brein wat sorg vir ouditiewe persepsie en beheer.