Charmaine Hattingh, Hoërskool Bothaville,  Nasionale presteerder in wiskunde

Charmaine Hattingh het in die afgelope Alpha Wiskunde eksamen die besonderse prestasie behaal deur Nasionaal onder die bestes in die land te eindig.  Alpha Wiskunde is ʼn gevorderde Wiskunde sillabus wat uitdagende onderwerpe buite die skool sillabus hanteer.  Alpha  Wiskunde word deur ʼn onafhanklike eksamenraad geadministreer.  Sy het 91% in die Graad 12 eindeksamen behaal.    Ons as Hoërskool is baie trots op haar en haar onderwyser (mnr. H. Muller) en  wens haar en haar ouers baie geluk met hierdie besonderse prestasie.