Category: Sentraal

Loading



VISIT YOUR SCHOOL’S PAGE

Gedagte vir die week

Verlos!

Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring… – Galasiërs 3:13

Na aanleiding van die teks voor ons, vra ons onsself af: Wat beteken dit om verlos te word? Wat beteken die woorde: ‘Christus het ons los- gekoop van die vloek wat die wet meebring?’

Ons gebruik die woord ‘verlos’ dikwels in ons dagstukkies, besprekings en wanneer ons bid, maar verstaan ons werklik die diepe betekenis?

Die woord beteken letterlik om te koop of terug te koop. Kyk wat het by Golgota gebeur. As enigiemand die boete vir jou sondes moes betaal, moes dit eintlik jyself gewees het. Maar Christus het jou plek geneem. Hy het jou verlos, of losge- koop. Sy dood beteken jy is vry van die las van sonde. Skryf in jou verbeelding in groot letters oor die bloedbevlekte kruis: ‘Hy het vir my gesterf.’ – Selwyn Hughes

Pin It on Pinterest