Category: Bethlehem Voortrekker Hoërskool

BVHS sien uit na die nuwe netbaljaar.

Die eerstenetbalspan oefengroep het op 20 en 21 Oktober aan die Conrwaal Hill College se jaarlikse Triump toernooi deelgeneem ter voorbereiding vir die komende netbalseisoen. Intensiewe en uiters bekwame afrigting van hoogstaande gehalte is aangebied deur Dorette Badenhost (Pukke), Erin Burger en Amanda Mynhardt (Protea netbalspeelsters). Hoë impak wedstryde is gespeel en deelnemende skole het insluit: Swartkop, Centurion, Kempton, Dinamika, Jeugland, Noordheuwel, Leeuwenhof Akademie, Klerksdorp en Corwaal Hill College. As die enigste Vrystaatskool, slaag  Voortrekker  daarin om tweede in sy poel uitspeelwedstryde te eindig en algeheel 5de op die toernooi. Voortrekker behaal merkwaardige uitslae deur altesaam sewe wedstryde te...

Read More

Stefanie Ferreira van Hoërskool Voortrekker eindig in Top-tien die Nasionale WOW-Spelfeeskompetisie

Danksy die ondersteuning van Sanlam en die Universiteit van Stellenbosch het deelnemers in elke graad, van graad 1 tot graad 10, van Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, in die Thabo Mofutsanyana-distrik deelgeneem aan die Nasionale WOW-Spelfeeskompetisie. In Augustus is die Distriksvlakkompetisie by BVHS aangebied, tien BVHS- finaliste het deurgedring na die Provinsialevlak wat by Eunice, Bloemfontein aangebied is. BVHS is trots op Stefanie Ferreira in graad 10 wat deurgedring het na die Nasionale kompetisie wat tydens hierdie Gala-geleentheid op 21 Oktober 2017 te Stellenbosch deelgeneem het en in die Top Tien geëindig het met die negende plek. Ons is baie...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.

Pin It on Pinterest