Category: Events

Events

Categories

Events

Events

Events

Gedagte vir die week

Sien die skoonheid raak

Verder, broers, alles wat mooi is, daarop moet julle julle gedagtes rig. – Filippense 4:8

 Vir baie mense raak die lewe wat hulle omring vuil en be-soedel. Jy moet positief verby die vuilheid en walglikheid van die wêreld probeer kyk. Kyk rondom jou en soek na die mooi dinge van die lewe. Soek na die glorie van die Skepper-God in die sang van voëls; in die asemrowende wonder van sonsopkoms en sonsondergang; die berge en groen velde; die ewigdeinende see en die oorvloed van voël-en dierelewe; die prag van verkwikkende blomme.

Neem gereeld jou toevlug tot die skoonheid van verheffende musiek en die inspirasie van kunswerke. Konsentreer op die goeie wat nog in oorvloed in hierdie wêreld oorgebly het. sal jy die vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. – Solly Ozrovech

Pin It on Pinterest