Category: Business Page

Voorgestelde onderwyswetgewing is ‘skolekaping’, sê FEDSAS

Staatsbeheer wat teen demokrasie indruis. Dit is die mening van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) oor die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Die wetsontwerp is onlangs gepubliseer en is daarop gemik om sekere funksies van skoolbeheerliggame in te perk, insluitend aanbevelings oor sekere aanstellings, toelatings- en taalbeleid, asook bepaalde finansiële funksies. “Hierdie wetsontwerp neem ons terug na ʼn model waar die staat beheer het oor alles. Dit druis ook in teen die Suid-Afrikaanse Skolewet, wat voorsiening maak vir openbare skole en nié staatskole nie,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van FEDSAS. Deacon sê mense kan tot...

Read More

‘Vrye onderrig, toegeruste onderwysers’ hoeksteen van onderwys, sê FEDSAS ter viering van Wêreldonderwysersdag

Vanjaar se viering van Wêreldonderwysersdag het “Vrye onderrig, toegeruste onderwysers” as tema, met die fokus op die institusionele outonomie en akademiese vryheid van onderwysers. Die Verenigde Nasies vier die dag internasionaal op 5 Oktober elke jaar. In Suid-Afrika val dié datum egter in die skoolvakansie. Om seker te maak dat onderwysers wél die erkenning kry wat hulle verdien, vier die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) Wêreldonderwysersdag in Suid-Afrika jaarliks op die eerste Vrydag van die vierde kwartaal. Vanjaar val dié datum op 13 Oktober. “Onderrig wat vry en toeganklik is, is die hoeksteen van ’n suksesvolle onderwysstelsel....

Read More

Business Page

Categories

Business Page

Business Page

Business Page

Positive Quotes

Life isn’t about finding yourself. Life is about creating yourself – George Bernard Shaw

Pin It on Pinterest