Ruan Botha van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het saam met die Mallan Stalle op Standerton saalperdskou deelgeneem in twee klasse. Hy behaal ‘n 2de plek in die Hackney ponie-klas (4 jaar) en ‘n 1ste plek in die Ruiters o/18 jaar en jonger-klas.

Ruan neem ook deel aan die Hackney Ponie SA’s in Tulbagh en verower die titel van SA Grootkampioen Hackney Ponie-ruiterklas (12-18 jaar).

Trekkertrots!