Connor Nel

BVHS se o/15A-krieketspan het Saterdag, 22 Februarie hul wedstryd teen Welkom Gimnasium met 150 lopies gewen.
Connor Nel het ‘n skitterende kolfbeurt gespeel en teken 114 lopies aan van slegs 95 balle. Na sy pragbeurt met die kolf, neem Connor 5 paalties vir 22 lopies in 6 beurte!

Hy word aangewys as die speler van die wedstryd vir hierdie merkwaardige prestasie.

Trekkertrots!