Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste hokkiespan het ‘n gelukbringer ontvang.

Hierdie hokkie-beer sal voortaan saam met Dirkie, die rugby-gelukbringer bewaar word.

Emile Odendaal, 1ste hokkiespan afriger van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, het die spesiale teddiebeer aan Mnr Japie van Wyk oorhandig.

Hierdie jaar begin ‘n vernuwing van hokkie-tradisie by BVHS. ‘n Handgemaakte Trekkerbeertjie, met die speler se nommer op, word aan elke 1ste-span matiekdogter oorhandig wat die span verlaat.

‘n Bybel is ook deur die matriekdogters van die 1ste span aan me Maritha van den Berg oorhandig as ‘n geskenk wat in die toekoms deur die span gebruik gaan word.

Trekkertrots!

Foto bo: Connie Faber, Emile Odendaal (afrigter), Japie van Wyk (Alumni), Madelein Lamprecht