Ouers,leerders en personeel.

In hierdie moeilike tyd groet ek julle graag met die woorde van Amos 9: 11-15

Leer van gister,
Leef vir vandag,
Hoop vir more.

Dit is gerusstellend dat ons, ons gemeenskap in hierdie moeilike tyd aan ons Hemelse Vader kan opdra. Is dit nie wonderlik dat ons ook so ons antwoorde uit sy woord kry.

In hierdie onsekere tye besef ons maar net dat ons berusting kry uit die Woord van ons Hemelse Vader. Ons dink aan elke gesin wie se omstandighede vesrskil maar tog hulle krag kan put uit die woorde in Amos 9.

Aan die einde sê Amos ook:

HOU MOED,
DAAR KOM N TYD,
DAAR KOM N DAG,
DAT DINGE SAL BETER GAAN.

Alle eer aan Hom!

Fichie-groete

Mnr Herman van der Merwe
Skoolhoof: Hoërskool Fichardtpark