Hoërskool Kroonstad se matrikulante van 2018 het baie goed preseer tydens die graad 12 eindeksamen. Die slaagsyfer is 94,3% waarvan 86% van die leerders verder kan gaan studeer aan ‘n tersiêre instelling. Die personeel is baie trots op hulle matrikulante wat so hard gewerk het. ‘n Totaal van 100 vakonderskeidings is behaal.

Blouskool se top-presteerders is Rudéne Weideman met 7 onderskeidings en Anneri Wessels wat ses onderskeidings behaal het. Rudéne het onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, LO, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Sy spog ook met ‘n onderskeiding in Alpha Wiskunde (IEB) en is genooi na die Free State Top Achievers Awards in Bloemfontein.

Anneri behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, LO, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe.

Jaco Keyser behaal vyf onderskeidings. Vier leerders, by name Zoetje Beneke, Eldorése Keogh, Jozua Rosslee en Hanke Swart behaal elk drie onderskeidings. Bykans 65% van al ons matrikulante het een of meer onderskeidings behaal.

Onderskeidings is in dertien vakke behaal wat daarop dui dat die Hoërskool Kroonstad oor ‘n breë spektrum presteer in al die afdelings (Tegnies, Landbou en Akademies) wat deur die skool aangebied word.

Mnr. William Drinkwater, skoolhoof, is baie trots op sy matrikulante en is dit eens dat die mooi uitslae nie behaal sou kon word sonder die ondersteuning van die ouers en ‘n sterk personeelkorps nie.