Tydens die Nasionale Jeugskou Kampioenskap wat die afgelope vakansie te George plaasgevind het, het Blouskool van Kroonstad se leerders die volgende spoguitslae behaal:
VLEISBEESTE SENIOR GROEPSKLAS
Conraad Rossouw, Arno Swart en Johan Visagie: Eerste plek: Rosette vir skoumanskap, Goue medalje en sertifikaat vir 1ste plek
PERDE JUNIOR
Ilani Klopper: 4de plek vir skoumanskap; Algeheel 4de plek
PERDE SENIOR
Elmay Klopper: Rosette vir 3de plek skoumanskap; Algehele 2de plek (Silwer medalje en sertifikaat)
VARKE SENIOR
Tiaan van der Walt: Rosette vir 2de plek skoumanskap; Algehele 2de plek (Silwer medalje en sertifikaat)
Jaco Hancke: Algeheel 6de plek
KONYNE SENIOR
Leané Marais: Rosette vir 2de plek skoumanskap; Algehele 3de plek (Brons medalje en sertifikaat)
SIERDUIWE SENIOR
Ju-Marie Swanepoel: Rosette vir 1ste plek skoumanskap; Algehele 1ste plek (Goue medalje en sertifikaat) – dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat sy hierdie prestasie behaal. Sy is die enigste deelnemer wat 100% behaal tydens die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe.
TOTAL AANTAL DEELNEMERS: 391
AANTAL PROVINSIES WAT DEELNEEM: 10
VRYSTAAT BEKLEE ALGEHELE VYFDE PLEK