Hoërskool Kroonstad se o/19-meisies Jukskeispan is uitgenooi na die die Free State Sport Awards wat Vrydag 16 Augustus in Bloemfontein plaasgevind het. Dit is aangebied deur Vrystaat se premier Mev. S.H. Ntombela en LUR vir Sport, Kuns, Kultuur en Rekreasie – Me L.P. Mahasa.

Die span is genomineer vir twee toekennings as “School Team of the Year” en “Developing School Team of the year”.

Tydens die spog-funksie het die span die “Developing School Team of the Year”-toekenning ontvang asook prysgeld van R20 000. Die toekening is
gebasseer op hulle prestasie deur ‘n goue medalje te wen tydens Die SA Skole Sport-toernooi. Hulle is ook genomineer vir die Nasionale Sport Toekennings later vanjaar.

Hulle is ook die naaswenners van die “School Team of the Year”-toekenning.

Foto: Voor vlnr: Sune Grobler, Marichane Hendriks, Ynez Pretorius en Karla Van der Westhuizen

Agter vlnr: Mev. Jorinda Swanepoel (Afrigter), Ju-marie Swanepoel (kaptein), mnr. William Drinkwater (Skoolhoof) en Marietjie Herbst (Afrigter)