Hoërskool Kroonstad (Blouskool ) se atlete het vanjaar puik presteer. Hulle spog vanjaar met drie atlete wat in die Vrystaatspan ingesluit is en aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiek Kampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem vanaf 20-23 Maart.

  • Gratitude Mohoera, Seuns o/19 neem deel aan die 100m, 200m en aflos
  • Naledi Mofolo, Dogters o/17 neem deel aan die 100m, 200m, aflos en “medley”-aflos
  • Ilanie Klopper, Dogters o/15 neem deel aan die Hoogspring.

Gratitude het ook tydens die Vrystaat ASA Baan en Veld Atletiek Byeenkoms op 23 Februarie ‘n goue medalje in die 200m gewen.

Daarmee het hy gekwalifiseer vir die ASA Junior Kampioenskappe in die Paarl gedurende Maart.

Foto bo: Gratitude Mohoera